VER[r]AS
????Oor VER[r]AS
Die Departement Afrikaans en Nederlands se studentekomitee (oorspronklik ?ASK – Afrikaanse Studiekring) staan bekend as VER[r]AS – die Vereniging vir Afrikaansstudente. VER[r]AS word deur ? studentekomitee bestuur en bestaan gewoonlik uit voorgraadse studente wat Afrikaans en Nederlands as vak neem. Deur die loop van die jaar re?l die komitee verskeie sosiale geleenthede vir s?tudente rondom bepaalde temas wat met Afrikaans verband hou, byvoorbeeld Afrikaanse filmaande, po?sie-aande en selfs vasvra- en speletjiesaande.
Een van die belangrikste bedrywighede van die VER[r]AS-komitee is die saamstel van die jaarlikse studentebundel Penseel. Penseel is ’n bundel met ’n lang geskiedenis in die Departement Afrikaans en Nederlands. Dit is in 1969/70 deur Fanie Olivier en Danie Botha gestig onder beskerming van die ??ASK. Sedertdien is die bundel bykans elke jaar gepubliseer. Van die digters en skrywers wie se werk oor die jare in Penseel gepubliseer is, is vandag bekende figure in die Afrikaanse literêre wêreld – Zandra Bezuidenhout, Kerneels Breytenbach, Charles Fryer, Rachelle Greeff, Helena Gunter, Joan Hambidge, Daniel Hugo, André le Roux, Sonja Loots, Fanie Olivier, Alfred Schaffer, Etienne van Heerden en Marlene van Niekerk – om maar 'n paar te noem.
Penseel is vandag steeds ’n studentebundel. Alle studente aan die Universiteit Stellenbosch kan hulle oorspronklike Afrikaanse gedigte of kortkortverhale inskryf om moontlik in
Penseel gepubliseer te word. Die inskrywings word deur ’n paneel keurders beoordeel, en die beste bydraes word dan in die bundel gepubliseer.
Vir meer inligting oor die VER[r]AS-komitee of oor
Penseel of vir enige navrae, stuur gerus ’n e-pos na
penseel@sun.ac.za.
Penseel 2025
Is jy ’n US-student? Dan wag die redaksie van Penseel 2025 op jou inskrywings vir die jongste uitgawe van hierdie merkwaardige bundel. Alle US-studente kan hulle oorspronklike Afrikaanse bydraes vir oorweging voorlê.
Riglyne
Maksimum aantal inskrywings:
- Vyf (5) gedigte en/of
- Twee (2) kortverhale nie langer as 2 000 woorde elk nie
Stuur jou inskrywings teen 1 Oktober 2025 aan penseel@sun.ac.za.
Penseel 2024
Penseel 2024 is beskikbaar! Kontak die VER[r]AS-komitee en kry jou kopie vir net R80.
Penseel het ’n luisterryke geskiedenis wat terugstrek na 1969/1970 en ’n inisiatief van die toe-nog-onbekende Danie Botha en Fanie Olivier. Sedertdien het skrywers soos Joan Hambidge, Daniel Hugo, Loftus Marais en Marlene van Niekerk almal bydraes gelewer. Die uitgawes van 2021 en 2022 verdien hulle plek in die geskiedenis omdat hulle verskyn het en saamgestel is tydens die Departement Afrikaans en Nederlands se honderdste bestaansjaar.??
Die VER[r]AS-komitee vir 2025
Voorsitter | Mari Koegelenberg | ? | ?? | |
Redakteur: Penseel | ?Emma Olivier | ? |
?? |
?? |